Du Preez het groot geword in Klerksdorp, waar sy kinderjare gesaai was
met die mooiste herinneringe van eenvoudig net kindwees en die
beskerming en sekerheid van ‘n liefdevolle ouerhuis. Hy het sy
hoerskoolloopbaan in Welkom voltooi, waarna hy sielkunde gaan studeer
het aan die Universiteit van die Vrystaat. Tydens sy vierde jaar het hy
lid geword van S.A. se Eie Drie Tenore, waarna n wonderlike tydperk as
lid van die groep op hom gewag het.
Hy sluit ook in dieselfde
tydperk 'n solo kontrak met Select musiek en net daar het sy brandende
begeerte om vir ons Here te werk begin realiseer. Sy eerste geestelike
album: "Hy Leef In My" is vrygestel, wat later opgevolg is deur: "Dans
In Sy Lig". Sederdien toer hy voltyds deur Suid-Afrika net waar die Here
hom lei. Du Preez is getroud met Jana en hulle is geseën met twee
dogtertjies, Inge en Hayley. Hulle woon tans in Bloemfontein.
Du Preez se passie is om die wonderlike boodskap van OORVLOEDIGE
LEWE BINNE GOD SE WAARHEID met ander te deel! Hy toer die land vol na
verskillende gemeentes en instansies. Enige gemeente of instansie kan
hom kontak vir optredes. Sy groot liefde is erediens optredes asook
gepaste funksies. Optredes by Ouetehuise en Aftree-oorde lê ook baie
naby aan sy hart!
Fondse is nie 'n struikelblok nie, Du Preez tree selfs gratis op waar die behoefte sou bestaan…. Die Here sal self sorg!